Leviticus 1:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
As sy offer 'n brandoffer van beeste is, laat hy 'n mannetjie sonder gebrek bring; hy moet dit uit vrywillige wil by die ingang van die tent van samekoms voor die aangesig van die HERE bring.
Afrikaans (NLV) 2011
“As julle ’n bees as ’n brandoffer bring, bring dan ’n bul sonder enige liggaamsgebrek. Bring die bul na die ingang van die tent van ontmoeting sodat dit vir die Here aanvaarbaar kan wees.
Afrikaans 1933/1953
As sy offer 'n brandoffer is van beeste, moet dit 'n bul sonder gebrek wees wat hy bring. By die ingang van die tent van samekoms moet hy dit bring, sodat hy welgevalle voor die aangesig van die HERE kan vind.
Afrikaans 1983
“As dit 'n brandoffer uit die beeste is, bied die man 'n bul aan sonder liggaamsgebrek. Hy bied dit aan by die ingang van die tent van ontmoeting sodat dit vir die Here aanneemlik sal wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“ ‘As die persoon se offer 'n •brandoffer is uit die beeste, moet dit 'n bul sonder gebrek wees wat hy bring. Hy moet dit na die ingang van die •Tent van Ontmoeting bring en dit so aanbied dat hy voor die Here aanvaarbaar is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
As sy offer 'n bees is, dan moet dit 'n gesonde bul wees. Hy moet die bul bring voor die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn, sodat die Here die offer van hom kan aanvaar.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“As dit uit die beeste kom en dit is bedoel om heeltemal verbrand te word, moet dit ’n manlike dier sonder enige liggaamsgebrek wees. Die persoon bring die dier na die ingang van die tent van ontmoeting toe. Hy bring dit vir die Here sodat die Here van hom kan hou.