Leviticus 1:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy moet sy hand op die kop van die brandoffer lê; en dit sal vir hom welgevallig wees om vir hom versoening te doen.
Afrikaans (NLV) 2011
Lê jou hand op die kop van die brandoffer sodat die Here dit as plaasvervanger vir jou kan aanvaar en dit so vir jou versoening kan bewerk.
Afrikaans 1933/1953
En hy moet sy hand op die kop van die brandoffer lê, dan sal dit vir hom met welgevalle aangeneem word om versoening vir hom te doen.
Afrikaans 1983
Daarna sit hy sy hand op die offerdier se kop sodat dit aanvaar sal word as versoening vir hom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy moet sy hand op die kop van die brandofferdier lê sodat dit namens hom aanvaar kan word om oor hom versoening te doen.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Dan moet hy sy hand op die kop van die offer-dier sit, sodat die Here sy offer kan aanvaar en sy sonde kan versoen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hy sit sy hand op die dier se kop. Daarmee wys hy dat dit sy geskenk vir God is wat vir hom vrede moet maak by God.