Leviticus 1:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy moet die bul voor die aangesig van die HERE slag, en die priesters, die seuns van Aäron, moet die bloed bring en die bloed rondom teen die altaar sprinkel wat by die ingang van die tent van samekoms is.
Afrikaans (NLV) 2011
Slag die bul in die teenwoordigheid van die Here. Die seuns van Aäron, die priesters, sal die bloed vat en dit teen die kante van die altaar sprinkel wat voor die tent van ontmoeting staan.
Afrikaans 1933/1953
Dan moet hy die jong bul voor die aangesig van die HERE slag; en die seuns van Aäron, die priesters, moet die bloed bring en die bloed rondom teen die altaar uitgooi wat by die ingang van die tent van samekoms is.
Afrikaans 1983
Dan slag hy die bul daar in die teenwoordigheid van die Here, en die Aäronitiese priesters bring die bloed en sprinkel dit rondom teen die altaar by die ingang van die tent van ontmoeting.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daarna moet hy die jong bul voor die Here keelaf sny en die seuns van Aäron, die priesters, moet die bloed naderbring en dit sprinkel reg rondom teen die altaar wat by die ingang van die Tent van Ontmoeting staan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daarna moet hy die bul daar voor die Here slag, en die priesters van die nageslag van Aäron moet die bloed van die bul nader bring en hulle moet dit spat teen die altaar, die altaar wat voor die tent is waar die Here aan die Israeliete verskyn. Hulle moet dit oral rondom die altaar spat.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hy sny dan die bul keelaf daar voor die Here. Die dienaars uit Aäron se familie vang die bul se bloed op en spat daarvan aan elke kant van die offerplek wat daar by die ingang van die tent staan.