Leviticus 1:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy moet die brandoffer smeer en dit in sy stukke sny.
Afrikaans (NLV) 2011
Wanneer die dier geslag en in stukke gesny is,
Afrikaans 1933/1953
Dan moet hy die brandoffer afslag en dit in sy stukke verdeel.
Afrikaans 1983
Die man slag die offerdier af en sny dit in stukke op.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die dier vir die brandoffer moet dan afgeslag en in stukke opgesny word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die persoon wat die offer gee, moet die bul slag en hy moet die vleis in stukke sny.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die persoon slag die vel van die offerdier af en hy sny die dier in stukke op.