Leviticus 1:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die priesters, die seuns van Aäron, moet die dele, die kop en die vet, in volgorde lê op die hout wat op die vuur is wat op die altaar is.
Afrikaans (NLV) 2011
Aäron se seuns sal dan die stukke van die dier saam met die kop en die vet op die houtvuur neersit.
Afrikaans 1933/1953
Ook moet die seuns van Aäron, die priesters, die stukke, die kop en die vet reglê op die hout wat op die altaarvuur is.
Afrikaans 1983
Dan sit hulle die stukke vleis, die kop en die niervet op die hout op die altaarvuur.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die seuns van Aäron, die priesters, moet dan die stukke en die kop en niervet rangskik bo-op die hout wat op die vuur op die altaar is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hulle moet die stukke vleis op die hout sit wat op die vuur op die altaar is, hulle moet ook die kop en die niervet daarop sit.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hulle pak die stukke vleis wat die man opgesny het saam met die kop en niervet bo-op die hout op die altaar.