Leviticus 1:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar sy binnegoed en sy bene moet hy in water was, en die priester moet alles op die altaar aan die brand steek as 'n brandoffer, 'n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011
Maar die binnegoed en die pote moet eers met water gewas word. Dan sal die priesters die hele offer op die altaar verbrand. Dit is die brandoffer, met vuur gemaak en aangenaam vir die Here.
Afrikaans 1933/1953
Maar die binnegoed en die pote moet hy met water was, en die priester moet dit alles op die altaar aan die brand steek as brandoffer, 'n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.
Afrikaans 1983
Die man was die binnegoed en die pote af, en 'n priester verbrand alles op die altaar. Dit is die brandoffer, 'n vuuroffer wat deur die Here aanvaar word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die persoon wat offer moet die binnegoed en pote met water afspoel. Die priester moet dit alles op die altaar verbrand. Dit is 'n brandoffer, 'n offergawe met 'n aangename geur vir die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die persoon wat die offer gee, moet die pote en die binnegoed was, en die priester moet alles op die altaar verbrand. Dit is 'n brand-offer, 'n vuur-offer, dit ruik lekker vir die Here.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die man was dan met water ook die binnegoed van die dier en sy pote af. Die dienaar vat dit alles en hy verbrand dit op die altaar. Dit word dan ’n brandoffer genoem. Alles van die dier word met vuur verbrand om die Here te plesier.