Leviticus 2:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En as iemand 'n spysoffer aan die HERE bring, moet sy offer fynmeel wees; en hy moet olie daarop giet en wierook daarop sit.
Afrikaans (NLV) 2011
“As jy ’n graanoffer vir die Here bring, moet dit van die beste meel wees. Gooi olyfolie daarop en besprinkel dit met wierook.
Afrikaans 1933/1953
En as iemand aan die HERE 'n spysoffer bring, moet sy offer fynmeel wees; en hy moet olie daarop giet en wierook daarby voeg;
Afrikaans 1983
“Wanneer iemand vir die Here 'n graanoffer wil aanbied, kan hy meel aanbied. Hy gooi daar olie oor en sit wierook bo-op.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“ ‘ Wanneer iemand vir die Here 'n •graanoffer bring, moet sy offer gesifte meel wees. Hy moet olyfolie daaroor gooi en wierook langsaan neersit.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here het vir Moses gesê: “Wanneer iemand vir My 'n koring-offer wil gee, dan moet hy vir die Here van die beste meel gee. Hy moet olyf-olie oor die meel gooi en hy moet wierook bo-op sit.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Wanneer iemand vir die Here graan bring, moet dit van fyngemaalde meel wees. Die persoon kan bloot net olyfolie oor meel uitgooi en lekkerruik-wierookstokkies daarop sit.