Leviticus 2:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En wat van die spysoffer oorbly, moet aan Aäron en sy seuns behoort; dit is 'n hoogheilige saak van die vuuroffers van die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011
Die res van die graanoffer sal aan Aäron en sy seuns as kos gegee word. Dit is ’n besonder heilige deel van die vuuroffers wat vir die Here gegee word.
Afrikaans 1933/1953
En wat oorbly van die spysoffer, is vir Aäron en sy seuns, 'n hoogheilige deel van die vuuroffers van die HERE.
Afrikaans 1983
Die oorblywende deel van die graanoffer is vir Aäron en sy seuns. Dit is 'n besondere gewyde gawe, 'n deel van die vuuroffer wat vir die Here gebring is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Wat oorbly van die graanoffer, kom Aäron en sy seuns toe. Dit is 'n besonder heilige deel van die offergawes aan die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die deel van die koring-offer wat oorbly, behoort aan Aäron en sy seuns. Dit is 'n hoog-gewyde deel van die vuur-offers vir die Here.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die res van die brood wat oor is, behoort alles aan die Here. Aäron en sy seuns wat vir die Here by die tent werk, mag dit eet.