Leviticus 2:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Geen spysoffer wat julle aan die HERE moet bring, mag met suurdeeg gemaak word nie; want julle mag geen suurdeeg of heuning in enige vuuroffer van die HERE verbrand nie.
Afrikaans (NLV) 2011
“Moenie suurdeeg in enige van die graanoffers wat jy aan die Here bring, gebruik nie, want geen suurdeeg of heuning mag met ’n vuuroffer vir die Here verbrand word nie.
Afrikaans 1933/1953
Geen spysoffer wat julle aan die HERE bring, mag van iets wat ingesuur is, berei word nie; want van g,,n suurdeeg of heuning mag julle vir die HERE 'n vuuroffer aan die brand steek nie.
Afrikaans 1983
“Geen graanoffer wat vir die Here aangebied word, mag suurdeeg in hê nie. Julle mag geen suurdeeg of heuning verbrand as 'n vuuroffer vir die Here nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“ ‘ Geen graanoffer wat julle vir die Here bring, mag met suurdeeg voorberei word nie. Ja, geen suurdeeg of heuning mag as offergawe aan die Here verbrand word nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jy moenie suurdeeg of heuning sit in 'n koring-offer wat jy vir die Here gee nie, want julle mag nie suurdeeg of heuning verbrand in 'n vuur-offer vir die Here nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Die graan wat jy vir die Here bring, mag nooit suurdeeg in hê nie. Jy mag nie iets vir die Here bring waarin daar suurdeeg of heuningstroop is nie.