Leviticus 2:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Wat die spysoffer van die eerstelinge betref, moet julle dit aan die HERE offer, maar dit mag nie op die altaar verbrand word as lieflike geur nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Jy mag wel suurdeeg en heuning voeg by die offers wat met oestyd gebring word, maar dit mag nooit op die altaar verbrand word as ’n offer wat vir die Here aanneemlik is nie.
Afrikaans 1933/1953
As 'n offer van eerstelinge mag julle dit aan die HERE bring, maar op die altaar mag dit nie as lieflike geur kom nie.
Afrikaans 1983
Julle mag dit as eerstelingoffer vir die Here aanbied, maar op die altaar mag dit nie kom as 'n offer wat deur die Here aanvaar word nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Julle mag dit as 'n offer van die eerstelinge vir die Here bring, maar op die altaar mag dit nie as 'n aangename geur geoffer word nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle mag suurdeeg of heuning vir die Here gee. Dit is dan 'n offer van julle beste dinge. Maar dit mag nie op die altaar kom nie, dit sal nie vir die Here lekker ruik nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Julle mag wel sulke graan vir die Here bring wanneer dit die heel eerste graan van die oes is. Julle mag dit egter nie op die altaar laat verbrand nie. Dit moet nie gebring word om ’n geurige offer vir die Here te wees nie.