Leviticus 2:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En elke spysoffer van jou spysoffer moet jy met sout besprinkel; en jy mag die sout van die verbond van jou God nie by jou spysoffer laat ontbreek nie; by al jou gawes moet jy sout bring.
Afrikaans (NLV) 2011
Gooi sout op al jou graanoffers. Dit sal aan God se verbond herinner. Moet nooit vergeet om sout by jou graanoffers te gooi nie.
Afrikaans 1933/1953
En jy moet al jou spysoffers met sout berei, en jy mag die sout van die verbond van jou God by jou spysoffer nie laat ontbreek nie; by al jou offers moet jy sout bring.
Afrikaans 1983
Gooi sout by al jou graanoffers. Die sout herinner aan die verbond met jou God; moenie dat dit in jou graanoffers ontbreek nie. Bied sout aan op al jou graanoffers.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Jy moet sout by al jou graanoffers byvoeg. Jy mag nie die sout van die verbond van jou God uit jou graanoffer weglaat nie. Daar moet sout wees by al jou offers wat jy bring.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jy moet sout gooi op al jou koring-offers. Jy moenie vergeet om sout by jou koring-offers te sit nie. Die sout is die teken van die verbond met jou God. Jy moet sout gee saam met al jou koring-offers.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Jy moet al die graan wat jy vir die Here bring, met sout behandel. Jou verbintenis aan die Here is ’n geestelike sout wat jou van afvalligheid bewaar. Net so moet daar ook altyd sout wees by die graan wat jy vir die Here bring. Oor alles wat jy offer, moet daar sout wees.