Leviticus 2:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En as jy 'n spysoffer van jou eerstelinge aan die HERE berei, moet jy as spysoffer van jou eerstelinge groen are berei wat deur die vuur gedroog is, uit vol are gestampte koring.
Afrikaans (NLV) 2011
“Wanneer jy vir die Here ’n graanoffer uit die eerste deel van jou oes bring, moet jou offer bestaan uit vars graan wat oor vuur gerooster is.
Afrikaans 1933/1953
En as jy aan die HERE 'n spysoffer van eerstelinge bring, moet jy as spysoffer van jou eerstelinge bring: are wat oor die vuur gebraai is, gebreekte korrels van vars graan.
Afrikaans 1983
“Wanneer jy vir die Here 'n graanoffer uit die eerste opbrengs van die oes aanbied, kan dit gebraaide koring of stampkoring wees. Jy bied dit aan as die graanoffer uit die eerste opbrengs van jou oes,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“ ‘ As jy vir die Here 'n graanoffer van die eerste opbrengs van die oes bring, moet dit ryp are wees, gebreekte graankorrels van die nuwe oes wat oor die vuur gerooster is. Jy moet dit bring as jou graanoffer van die eerste opbrengs.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
“Wanneer jy vir die Here 'n koring-offer gee van die koring wat jy eerste afgesny het, dan moet dit vars koring wees wat jy gebraai of gestamp het. Jy moet dit gee, dit is die koring-offer uit die eerste koring wat jy afgesny het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“As die graan wat jy vir die Here bring, uit die heel eerste graan van die begin van die oes kom, moet dit vars stampkoring wees wat oor vuur gerooster is. Jy moet die heel beste graan uit jou oes vir die Here gee.