Leviticus 2:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die priester moet die gedenkteken daarvan verbrand, 'n deel van die geklopte koring en 'n deel van die olie, met al die wierook daarvan; dit is 'n vuuroffer aan die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011
Die priesters sal ’n deel van die geroosterde graankorrels met die olyfolie en wierook neem as verteenwoordiging van die res en dit as ’n vuuroffer vir die Here verbrand.”
Afrikaans 1933/1953
Dan moet die priester die gedenkoffer daarvan, 'n deel van die gebreekte koring en van die olie met al die wierook, aan die brand steek as 'n vuuroffer aan die HERE.
Afrikaans 1983
Die priester verbrand dié deel van die stampkoring en die olie wat as simbool vir die hele offer dien, saam met al die wierook. Dit is 'n vuuroffer vir die Here.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die priester moet die simboliese offer van die gebreekte graankorrels en olie, en ook al die wierook verbrand. Dit is 'n offergawe aan die Here. ’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die priester moet dan die deel van die vars koring en olyf-olie verbrand saam met al die wierook, dit is die deel wat die Here moet kry. Dit is 'n vuur-offer vir die Here.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die dienaar by die tent van ontmoeting sal die deel van die koring en die olie vat wat saam met die geurige wierook verbrand moet word. Hy sal dit in die vuur verbrand as ’n vuuroffer vir die Here.”