Leviticus 2:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En as jy 'n spysoffer bring wat in die oond gebak is, moet dit ongesuurde koeke van fyn meel met olie gemeng wees, of ongesuurde platkoeke wat met olie gesalf is.
Afrikaans (NLV) 2011
“Wanneer jy ’n graanoffer bring wat in ’n oond gebak is, moet dit bestaan uit die beste meel gemeng met olyfolie, maar sonder suurdeeg. Dit mag gebring word in die vorm van koeke gemeng met olyfolie of oliekoeke gesmeer met olyfolie.
Afrikaans 1933/1953
En as jy 'n spysoffer bring wat in die oond gebak is, moet dit fynmeel wees, ongesuurde koeke met olie gemeng, en ongesuurde platkoeke met olie bestryk.
Afrikaans 1983
“Wanneer jy 'n graanoffer uit die oond aanbied, moet dit van fynmeel wees. Dit kan ongesuurde ringbrood wees, met olie geknie, of ongesuurde roosterkoek, met olie gesmeer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“ ‘ Wanneer jy 'n graanoffer bring wat in die oond gebak is, moet dit van gesifte meel wees; ongesuurde ringbrode wat met olyfolie gemeng is, of ongesuurde platbrode wat met olyfolie gesmeer is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
“Wanneer die persoon 'n koring-offer wil gee wat hy in 'n oond gebak het, dan moet hy die beste meel gebruik. Dit moet ongesuurde rondebrood wees wat hy met olyf-olie geknie het, of ongesuurde roosterkoek waarop hy olyf-olie gesmeer het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Wanneer die graan wat jy vir die Here bring, graan is wat reeds verwerk is en al klaar in ’n oond gebak is, kan dit in die vorm van ’n ronde brood wees van fynmeel wat met olie gemeng is waarin daar nie suurdeeg is nie. Dit kan ook beskuitjies wees sonder suurdeeg wat in olyfolie gedoop is.