Leviticus 2:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En as jou spysoffer 'n spysoffer is wat in 'n pan gebak is, moet dit van ongesuurde fyn meel wees, met olie gemeng.
Afrikaans (NLV) 2011
As jou offer ’n graanoffer is wat op ’n bakplaat gaargemaak is, moet dit van die beste meel en olyfolie wees, maar sonder suurdeeg.
Afrikaans 1933/1953
En as 'n spysoffer van die bakplaat jou offer is, moet dit fynmeel wees met olie gemeng en ongesuurd.
Afrikaans 1983
As jou graanoffer op 'n bakplaat gebak word, moet dit van fynmeel wees, geknie met olie en sonder suurdeeg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
As jou offer 'n graanoffer is wat van 'n bakplaat af kom, moet dit van gesifte meel wees, ongesuurd en met olyfolie gemeng.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
“Wanneer jy 'n koring-offer wil gee wat jy op 'n bakplaat gebak het, dan moet jy die beste meel gebruik wat jy met olyf-olie geknie het, en daar moenie suurdeeg by wees nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
As dit graan is wat op ’n plaat gebak is, moet dit gemaak wees van fynmeel wat met olyfolie gemeng is waarin daar nie suurdeeg is nie.