Leviticus 2:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En as jou spysoffer 'n spysoffer is wat in die braaipan gebak word, moet dit van fyn meel met olie gemaak word.
Afrikaans (NLV) 2011
Wanneer jou graanoffer in ’n pan voorberei word, moet dit ook van die beste meel en olyfolie gemaak word.
Afrikaans 1933/1953
En as 'n spysoffer uit die pan jou offer is, moet dit van fynmeel met olie berei word.
Afrikaans 1983
As jou graanoffer in 'n bakpan gebak word, maak jy die fynmeel met olie aan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“ ‘As jou offer 'n graanoffer is wat uit 'n pan kom, moet dit met gesifte meel en olyfolie voorberei word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
“Wanneer jy 'n koring-offer wil gee wat jy in 'n bakpan gebak het, dan moet jy die beste meel gebruik en jy moet dit meng met olie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
As dit graan is wat in ’n braaipan gebak is, moet jy dit maak van fynmeel wat met olie gemeng is.