Leviticus 2:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En jy moet die spysoffer wat van hierdie dinge gemaak is, aan die HERE bring; en as dit aan die priester gebring word, moet hy dit na die altaar bring.
Afrikaans (NLV) 2011
“Ongeag hoe jy ’n graanoffer vir die Here voorberei het, bring dit vir die priester. Hy sal dit na die altaar toe bring.
Afrikaans 1933/1953
Dan moet jy die spysoffer wat daarvan berei word, aan die HERE bring: hulle moet dit na die priester aanbring, en hy moet dit na die altaar dra.
Afrikaans 1983
“Jy bring dan die graanoffer wat jy op een van dié maniere vir die Here klaargemaak het, na die priester toe, en hy bring dit na die altaar toe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Jy moet die graanoffer wat op dié manier vir die Here voorberei is, bring. Dit moet na die priester geneem word en hy moet dit naderbring na die altaar.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jy moet die koring-offer bring wat jy só vir die Here gaargemaak het. Jy moet dit vir die priester gee, en die priester moet dit op die altaar offer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Jy moet die graanoffer wat op enige van hierdie maniere gemaak is, vir die dienaar by die tent bring sodat hy dit op die altaar kan verbrand.