Leviticus 3:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy moet sy hand op die kop daarvan lê en dit slag voor die tent van samekoms; en die seuns van Aäron moet die bloed daarvan rondom teen die altaar sprinkel.
Afrikaans (NLV) 2011
lê jou hand op sy kop en slag dit by die ingang van die tent van ontmoeting. Die seuns van Aäron sal dan die bloed van die bok teen die kante van die altaar sprinkel.
Afrikaans 1933/1953
en sy hand op die kop daarvan lê en dit slag voor die tent van samekoms; en die seuns van Aäron moet die bloed rondom teen die altaar uitgooi.
Afrikaans 1983
sit sy hand op die dier se kop en slag dit daar voor die tent van ontmoeting. Die Aäroniete sprinkel dan die bloed rondom teen die altaar.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
en sy hand op die dier se kop lê. Hy moet dit voor die Tent van Ontmoeting keelaf sny en die seuns van Aäron moet die bloed reg rondom teen die altaar sprinkel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hy moet sy hand op die dier se kop sit en hy moet die dier slag voor die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn. Die priesters van die nageslag van Aäron moet die bloed teen die altaar spat, oral rondom die altaar.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
sit hy sy hand op die dier se kop. Hy slag hom daar voor die tent van ontmoeting. Die dienaars van Aäron spat van die bloed teen die kante van die altaar.