Leviticus 3:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die priester moet dit op die altaar aan die brand steek; dit is die vuurofferspis tot lieflike geur; al die vet behoort aan die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011
Die priester sal dit op die altaar as voedsel verbrand, as ’n vuuroffer vir die Here. Onthou, al die vet behoort aan die Here.
Afrikaans 1933/1953
En die priester moet dit op die altaar aan die brand steek as vuurofferspys vir 'n lieflike geur. Al die vet behoort aan die HERE.
Afrikaans 1983
Die priester verbrand dit op die altaar. Dit is voedsel, dit is 'n vuuroffer wat deur die Here aanvaar word. Al die vet is die Here s'n.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die priester moet dit alles op die altaar verbrand. Dit is voedsel, 'n offergawe met 'n aangename geur. Al die vet behoort aan die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die priester moet dit op die altaar verbrand. Dit is 'n vuur-offer wat lekker ruik vir die Here. Al die vet behoort aan die Here.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die dienaar van die tent van ontmoeting verbrand dit alles op die altaar as die Here se deel van die offer. Dit is ’n vuuroffer wat vir die Here baie lekker ruik. “Al die vet aan die dier behoort aan die Here.