Leviticus 3:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Dit moet 'n ewige insetting wees vir julle geslagte in al julle woonplekke, dat julle geen vet of bloed eet nie.
Afrikaans (NLV) 2011
“Jy mag nooit enige vet of bloed eet nie. Dit is ’n vaste voorskrif vir jou en jou nageslag, waar hulle ook al bly.”
Afrikaans 1933/1953
'n Ewige insetting is dit vir julle geslagte in al julle woonplekke: g,,n vet en g,,n bloed mag julle eet nie.
Afrikaans 1983
“Dit is 'n vaste voorskrif vir julle nageslag, waar julle ook al woon: julle mag geen vet of bloed eet nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dit is 'n voorskrif wat altyd vir julle nageslagte geld, waar julle ook al woon: Julle mag geen vet of bloed eet nie.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle en julle nageslag moet altyd onthou, oral waar julle woon: Julle mag nooit vet of bloed eet nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die voorskrif staan vas: julle mag nooit self die vet of die bloed eet nie. Dit staan vas vir die een geslag na die ander, waar hulle ook al sal woon.”