Leviticus 3:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy moet sy hand op die kop van sy offer lê en dit slag by die ingang van die tent van samekoms; en die seuns van Aäron, die priesters, moet die bloed rondom teen die altaar sprinkel.
Afrikaans (NLV) 2011
Lê jou hande op die kop van die dier en slag dit by die ingang van die tent van ontmoeting. Aäron se seuns, die priesters, sal dan die bloed van die dier teen die kante van die altaar sprinkel.
Afrikaans 1933/1953
En hy moet sy hand op die kop van sy offer lê en dit slag by die ingang van die tent van samekoms. En die seuns van Aäron, die priesters, moet die bloed rondom teen die altaar uitgooi.
Afrikaans 1983
Die man sit sy hand op die offerdier se kop en slag dit by die ingang van die tent van ontmoeting. Die Aäronitiese priesters sprinkel dan die bloed rondom teen die altaar.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
en sy hand op die kop van sy offer lê. Dan moet hy dit keelaf sny by die ingang van die •Tent van Ontmoeting en die seuns van Aäron, die priesters, moet die bloed reg rondom teen die altaar sprinkel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hy moet sy hand op die dier se kop sit en hy moet dit slag by die ingang van die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn. Die priesters van die nageslag van Aäron moet die bloed teen die altaar spat. Hulle moet dit oral rondom die altaar spat.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die persoon sit sy hand op die dier se kop. Hy slag dit daar by die ingang van die tent van ontmoeting. Die dienaars uit Aäron se familie sprinkel van die bloed van die dier aan al die kante teen die offerplek.