Leviticus 3:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die twee niere en die vet wat daarop is, wat aan die sye is, en die sel bokant die lewer, met die niere, moet hy wegneem.
Afrikaans (NLV) 2011
die twee niere met die vet rondom, en ’n deel van die lewer wat saam met die niere verwyder moet word.
Afrikaans 1933/1953
en die twee niere en die vet daarop wat aan die lendene is, en die lap aan die lewer by die niere moet hy dit wegneem.
Afrikaans 1983
die twee niere met die vet aan wat teen die kruis is, en die punt van die lewer wat saam met die niere verwyder word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
sowel as die twee niere met die vet daaraan wat teen die kruis lê. Die lewerlob moet hy saam met die niere verwyder.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
die twee niere, die niervet aan die kruis, en die punt van die lewer. Hy moet dit saam met die niere uithaal.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
die twee niere en die niervet wat daaraan is, en die vetlaag oor die lewer wat hy van die niere losgesny het.