Leviticus 3:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die seuns van Aäron moet dit op die altaar aan die brand steek op die brandoffer wat op die hout is wat op die vuur is: dit is 'n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011
Die seuns van Aäron verbrand dit op die altaar bo-op die brandoffer op die houtvuur. Dit is ’n vuuroffer wat aangenaam is vir die Here.
Afrikaans 1933/1953
En die seuns van Aäron moet dit op die altaar aan die brand steek, op die brandoffer wat op die hout is, bo op die vuur, as 'n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.
Afrikaans 1983
Die Aäroniete verbrand dit op die altaar, bo-op die brandoffer op die vuur. Dit is 'n vuuroffer wat deur die Here aanvaar word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die seuns van Aäron moet dit op die altaar verbrand bo-op die •brandoffer wat op die hout op die vuur op die altaar is. Dit is 'n geurige offer, 'n offergawe aan die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die priesters van die nageslag van Aäron moet dit op die altaar verbrand saam met die brand-offer wat op die hout op die vuur is. Dit is 'n vuur-offer wat lekker ruik vir die Here.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Aärondienaars verbrand dit op die altaar in die vuur. Dit word ’n vuuroffer genoem waarvan die Here baie hou.