Leviticus 3:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En as sy offer as dankoffer aan die HERE uit die kleinvee is; man of vrou, hy moet dit sonder gebrek bring.
Afrikaans (NLV) 2011
“As jy ’n maaltydoffer vir die Here uit jou kleinvee bring, kan dit ’n bok of ’n skaap wees. Dit mag ook ’n ram of ooi wees, maar dit mag nie enige foute hê nie.
Afrikaans 1933/1953
En as sy offer 'n stuk kleinvee is, as 'n dankoffer aan die HERE, moet hy dit bring sonder gebrek, ram of ooi.
Afrikaans 1983
“As iemand vir die Here 'n maaltydoffer uit sy kleinvee wil aanbied, kan dit 'n ram of 'n ooi wees, maar sonder liggaamsgebrek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“ ‘ As sy offer 'n maaltydoffer is wat uit die kleinvee kom, dan moet dit 'n ram of 'n ooi sonder gebrek wees wat hy vir die Here bring.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
“Wanneer die persoon vir die Here 'n skaap of 'n bok vir 'n ete-offer wil gee, dan moet hy 'n gesonde ram of ooi gee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“As die dier wat iemand vir die Here bring om saam met die Here te eet uit die kleinvee kom, kan dit ’n manlike of ’n vroulike dier wees. Dit moet egter ’n gesonde dier wees.