Leviticus 3:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy moet sy hand op die kop van sy offer lê en dit slag voor die tent van samekoms; en die seuns van Aäron moet die bloed daarvan rondom op die altaar sprinkel.
Afrikaans (NLV) 2011
deur jou hand op sy kop te lê en dit by die ingang van die tent van ontmoeting te slag. Die seuns van Aäron sal dan die skaap se bloed teen die kante van die altaar sprinkel.
Afrikaans 1933/1953
en sy hand op die kop van sy offer lê en dit slag voor die tent van samekoms; en die seuns van Aäron moet die bloed rondom teen die altaar uitgooi.
Afrikaans 1983
sit sy hand op die offerdier se kop en slag dit daar voor die tent van ontmoeting. Die Aäronitiese priesters sprinkel dan die bloed rondom teen die altaar.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
en sy hand op die kop van sy offer lê. Hy moet dit keelaf sny voor die Tent van Ontmoeting. Die seuns van Aäron moet die bloed reg rondom teen die altaar sprinkel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hy moet sy hand op die kop van sy offer-dier sit en hy moet dit slag voor die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn. Die priesters van die nageslag van Aäron moet die bloed teen die altaar spat, oral rondom die altaar.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hy sit sy hand op die dier se kop. Hy slag dit daar voor die tent van ontmoeting. Die dienaars van Aäron sprinkel van die dier se bloed aan al die kante teen die altaar.