Leviticus 4:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Soos dit van die bul van die dankoffer afgehaal is, en die priester moet dit op die brandofferaltaar aan die brand steek.
Afrikaans (NLV) 2011
Dit moet hy op die brandofferaltaar verbrand, net soos wat met die bul of koei vir die maaltydoffer gedoen word.
Afrikaans 1933/1953
soos dit van die dankofferbul afgelig word en die priester moet dit aan die brand steek op die brandofferaltaar.
Afrikaans 1983
net soos dit verwyder word by die maaltydofferbul. Die priester verbrand die vet dan op die brandofferaltaar.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
soos wat dit uit die bul vir die •maaltydoffer uitgehaal word. Daarna moet die priester dit alles op die brandofferaltaar verbrand.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hy moet dit doen soos hy gedoen het met die dier vir die ete-offer, en hy moet dit op die brandoffer-altaar verbrand.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dit is dieselfde dele wat by die bul uitgesny word wat vir die Here geoffer word om saam met Hom te eet. Hy verbrand dit dan alles op die altaar met vuur.