Leviticus 4:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En as die hele vergadering van Israel deur onkunde sondig en die saak vir die oë van die vergadering verborge is, en hulle iets gedoen het teen enige van die gebooie van die HERE aangaande dinge wat nie gedoen moet word nie, en skuldig is;
Afrikaans (NLV) 2011
“As die hele gemeenskap van Israel iets doen wat deur die Here verbied word en dit ontgaan die gemeenskap, is almal skuldig.
Afrikaans 1933/1953
En as die hele vergadering van Israel hulle misgaan sonder dat die vergadering hom daarvan bewus is; en hulle enigiets doen wat die HERE verbied het, en skuldig word;
Afrikaans 1983
“As die hele volk Israel onopsetlik sondig, en 'n misdaad teen die Here begaan sonder dat hulle weet dat hulle 'n gebod van die Here oortree,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“ ‘ As die hele volksvergadering van Israel onopsetlik iets verkeerds doen en die geloofsgemeenskap merk nie eers op dat hulle gedoen het wat een van die gebooie van die Here sê nié gedoen mag word nie, is hulle skuldig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
“Miskien het die hele volk Israel sonde gedoen, maar hulle weet dit nie, hulle het iets gedoen teen een van die gebooie van die Here, iets wat 'n mens nie mag doen nie, en hulle het skuldig geword.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“As die hele geloofsgemeenskap van Israel oortree het, is hulle almal skuldig. Selfs al was die groep onbewus daarvan dat hulle iets gedoen het wat in die Here se wette verbied is, is hulle almal skuldig.