Leviticus 4:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die priester wat gesalf is, moet van die bul se bloed na die tent van samekoms bring.
Afrikaans (NLV) 2011
Die hoëpriester sal van die bloed na die tent van ontmoeting toe neem,
Afrikaans 1933/1953
Dan moet die gesalfde priester van die bloed van die bul in die tent van samekoms bring,
Afrikaans 1983
Die gesalfde priester neem van die bloed na die tent van ontmoeting toe,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
en die gesalfde priester moet van die bul se bloed na die Tent van Ontmoeting neem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die gesalfde priester moet 'n bietjie van die bul se bloed in die tent bring, die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die dienaar wat met olie gesalf is om vir die Here te werk bring dan van die bloed van die bul in die tent van ontmoeting in.