Leviticus 4:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy moet die bul buitekant die laer uitbring en hom verbrand soos hy die eerste bul verbrand het; dit is 'n sondoffer vir die vergadering.
Afrikaans (NLV) 2011
Die priester moet dan dit wat van die bul oor is na die buitekant van die kamp toe vat en dit daar verbrand, net soos gedoen word met die sonde-offer van die hoëpriester. Dit is die sonde-offer vir die hele gemeenskap van Israel.
Afrikaans 1933/1953
Daarna moet hy die bul buitekant die laer uitbring en hom verbrand soos hy die eerste bul verbrand het; dit is 'n sondoffer van die vergadering.
Afrikaans 1983
Hy bring dan die bul buitekant die kamp en verbrand dit net soos die bul wat voorheen genoem is. Dit is die sondeoffer van die volk.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy moet die bul uit die kamp neem en dit verbrand soos hy die eerste bul verbrand het. Dit is die geloofsgemeenskap se reinigingsoffer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hy moet die bul uit die kamp neem en hy moet dit verbrand, soos die ander bul. Dit is die sonde-offer van die volksvergadering.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die dienaar van die tent vat dan die bul se karkas uit die kamp uit en hy verbrand dit daar, net soos hy met die eerste bul gemaak het. Hierdie bul is dan die offer vir die sonde van die volk.