Leviticus 4:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Of as sy sonde waarin hy gesondig het, tot sy kennis gekom het; hy moet sy offer bring, 'n bokkie, 'n mannetjie sonder gebrek;
Afrikaans (NLV) 2011
Sodra hy bewus word van sy sonde, moet hy ’n bokram sonder liggaamsgebrek as offer bring.
Afrikaans 1933/1953
of as sy sonde wat hy so gedoen het, aan hom bekend word, moet hy as sy offer bring 'n bok sonder gebrek, 'n ram;
Afrikaans 1983
en die sonde wat hy gedoen het, word onder sy aandag gebring, bring hy 'n bokram sonder liggaamsgebrek as offer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
As die sonde wat hy gedoen het, aan hom bekend gemaak word, moet hy as sy offer 'n bokram sonder gebrek bring.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Wanneer hy uitvind dat hy die sonde gedoen het, dan moet hy 'n gesonde bok-ram gee om 'n offer te wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
As dit duidelik word dat hy oortree het, moet hy ’n bokram sonder gebrek vir die Here bring.