Leviticus 4:34 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die priester moet van die bloed van die sondoffer met sy vinger neem en dit aan die horings van die brandofferaltaar smeer en al die bloed daarvan aan die onderkant van die altaar uitgiet.
Afrikaans (NLV) 2011
Die priester sal dan sy vinger in die bloed steek en dit aan die horings van die brandofferaltaar smeer en die res van die bloed teen die onderkant van die altaar uitgooi.
Afrikaans 1933/1953
Dan moet die priester van die bloed van die sondoffer met sy vinger neem en dit aan die horings van die brandofferaltaar stryk, maar al die orige bloed moet hy aan die onderkant van die altaar uitgiet;
Afrikaans 1983
Die priester vat dan met sy vinger van die offerdier se bloed en smeer dit aan die horings van die brandofferaltaar. Die res van die bloed gooi hy alles teen die fondament van die altaar uit.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die priester moet van die bloed van die reinigingsoffer neem en dit met sy vinger aan die horings van die brandofferaltaar smeer en al die oorblywende bloed teen die basis van die altaar uitgooi.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die priester moet van die ooi se bloed op sy vinger neem en hy moet dit aan die horings van die brandoffer-altaar smeer. Hy moet die bloed wat oorbly, uitgooi teen die onderkant van die altaar.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die dienaar vat van die bloed van die dier wat geslag is en smeer met sy vinger daarvan aan die horings van die brandofferaltaar. Die bloed wat oor is, gooi hy teen die onderkant van die altaar uit.