Leviticus 4:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die priester wat gesalf is, moet van die bloed van die bul neem en dit na die tent van samekoms bring.
Afrikaans (NLV) 2011
Die hoëpriester moet van die bloed van die bul in die tent van ontmoeting invat,
Afrikaans 1933/1953
Dan moet die gesalfde priester van die bloed van die bul neem en dit na die tent van samekoms bring,
Afrikaans 1983
Dan vat die gesalfde priester van die bul se bloed, bring dit na die tent van ontmoeting toe,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dan moet die gesalfde priester van die bul se bloed neem en dit in die Tent van Ontmoeting invat.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Dan moet die gesalfde priester van die bloed van die bul neem en hy moet dit bring na die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hy vat dan van die bloed van die bul en gaan daarmee in die tent van ontmoeting in.