Leviticus 8:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy het die sondofferbul gebring, en Aäron en sy seuns het hulle hande op die kop van die sondofferbul gelê.
Afrikaans (NLV) 2011
Toe het Moses die bul vir die sonde-offer ingebring. Aäron en sy seuns het hulle hande op die kop van die bul gesit.
Afrikaans 1933/1953
Daarop het hy die sondofferbul laat aankom, en Aäron en sy seuns het hulle hande op die kop van die sondofferbul gelê.
Afrikaans 1983
Hierna het hy die bul vir die sondeoffer na die altaar toe gebring, en Aäron en sy seuns het hulle hande op die kop van die bul gesit.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daarna het hy die bul vir die reinigingsoffer laat nader kom. Aäron en sy seuns het hulle hande op die bul se kop vir die reinigingsoffer geplaas.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe het Moses die bul nader gebring wat die sonde-offer moet wees. Aäron en sy seuns het hulle hande op die bul se kop gesit.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe het Moses die bul wat vir die sonde geslag moes word, nader gebring. Aäron en sy seuns het hulle hande op die bul se kop gesit