Leviticus 9:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar die vet en die niere en die sel bokant die lewer van die sondoffer het hy op die altaar aan die brand gesteek; soos die HERE Moses beveel het.
Afrikaans (NLV) 2011
Toe het hy die vet, die niere en die punt van die lewer van die sonde-offer op die altaar verbrand, net soos die Here vir Moses beveel het.
Afrikaans 1933/1953
Maar die vet en die niere en die lap aan die lewer van die sondoffer het hy op die altaar aan die brand gesteek soos die HERE Moses beveel het.
Afrikaans 1983
Die vet, die niere en die punt van die lewer van die sondeofferdier het hy op die altaar verbrand soos die Here vir Moses beveel het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die vet, die niere en die lewerlob van die reinigingsoffer het hy op die altaar verbrand soos die Here Moses beveel het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hy het die vet en die niere en die punt van die lewer van die kalf op die altaar verbrand, soos die Here vir Moses gesê het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hy het die vet en die niere en die lewerpunt van die dier op die altaar verbrand, soos die Here gesê het Moses moet maak.