Luke 1:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar die engel sê vir hom: Moenie vrees nie, Sagaria, want jou gebed is verhoor; en jou vrou Elisabet sal vir jou 'n seun baar, en jy moet hom Johannes noem.
Afrikaans (NLV) 2011
Maar die engel sê: “Moenie bang wees nie, Sagaria, want God het jou gebed gehoor en jou vrou, Elisabet, sal vir jou ’n seun skenk, en jy moet hom Johannes noem.
Afrikaans 1933/1953
Maar die engel sê vir hom: Moenie vrees nie, Sagar¡a, want jou gebed is verhoor, en jou vrou Elisabet sal vir jou 'n seun baar, en jy moet hom Johannes noem.
Afrikaans 1983
maar die engel sê vir hom: “Moenie bang wees nie, Sagaria, want jou gebed is verhoor. Jou vrou, Elisabet, sal aan jou 'n seun skenk, en jy moet hom Johannes noem.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
maar die engel het vir hom gesê: “Moenie bang wees nie, Sagaria, want jou gebed is verhoor. Jou vrou, Elisabet, sal vir jou geboorte gee aan 'n seun, en jy moet hom Johannes noem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar die engel het vir hom gesê: “Sagaria, jy moenie bang wees nie, God het geluister na jou gebed. Jou vrou Elisabet sal 'n seun kry, en jy moet hom Johannes noem.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Maar die engel het hom gerusgestel: “Moenie bang wees nie, Sagaria. God het jou gebede verhoor. Jou vrou Elisabet gaan binnekort ’n seun hê. Noem hom Johannes.