Luke 1:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die engel antwoord en sê vir hom: Ek is Gabriël wat voor God staan; en is gestuur om met jou te spreek en jou hierdie blye boodskap te verkondig.
Afrikaans (NLV) 2011
Toe sê die engel: “Ek is Gabriël. Ek staan in God se eie teenwoordigheid. Hy het my gestuur om die goeie nuus aan jou te bring!
Afrikaans 1933/1953
En die engel antwoord en sê vir hom: Ek is Gabriël wat voor God staan, en ek is gestuur om met jou te spreek en jou hierdie goeie tyding te bring.
Afrikaans 1983
Die engel antwoord hom: “Ek is Gabriël, wat in diens van God staan. Ek is gestuur om met jou te praat en hierdie goeie tyding vir jou te bring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daarop antwoord die engel hom: “Ek is Gabriël, wat in die teenwoordigheid van God staan. Ek is gestuur om met jou te praat en hierdie goeie boodskap vir jou te bring.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die engel het vir hom gesê: “Ek is die engel Gabriël, ek werk vir God. God het my gestuur om met jou te praat en vir jou hierdie goeie boodskap te bring.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe sê die engel vir hom: “Besef jy nie met wie jy te doen het nie? Kyk, ek is Gabriël. Ek staan voltyds in God se diens. Hy het my spesiaal na jou toe gestuur met hierdie goeie nuus.