Luke 1:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Net soos hulle hulle aan ons oorgegee het, wat van die begin af ooggetuies en dienaars van die woord was;
Afrikaans (NLV) 2011
Hulle het as inligtingsbron die verhale gebruik wat die eerste ooggetuies en dienaars van die Woord aan ons oorgelewer het.
Afrikaans 1933/1953
soos hulle wat van die begin af ooggetuies en dienaars van die Woord was, dit aan ons oorgelewer het,
Afrikaans 1983
Hulle het dit opgeteken soos dit aan ons oorgelewer is deur die mense wat van die begin af ooggetuies en dienaars van die Woord was.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
soos die mense wat van die begin af ooggetuies en dienaars van die Woord was, dit aan ons oorgelewer het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hulle het alles uitgevind by die mense wat van die begin af by Jesus was en wat self alles gesien het. Hulle het ook die mense uitgevra wat die goeie boodskap oor Jesus gebring het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hulle het gebruik gemaak van inligting wat aan ons deurgegee is deur mense wat al hierdie dinge self meegemaak het en wat God al van daardie tyd af getrou dien.