Luke 1:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die volk het Sagaria gewag en hulle verwonder dat hy so lank in die tempel vertoef het.
Afrikaans (NLV) 2011
Intussen het die mense vir Sagaria gewag om uit te kom, en hulle het begin wonder waarom hy so lank in die tempel bly.
Afrikaans 1933/1953
En die volk het op Sagar¡a bly wag en was verwonderd dat hy so lank in die tempel vertoef.
Afrikaans 1983
Intussen het die volk vir Sagaria gestaan en wag en begin wonder waarom hy so lank in die tempel bly.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die volk het ondertussen vir Sagaria gestaan en wag, en was verbaas dat hy so lank in die heiligdom talm.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die mense het buite gewag vir Sagaria en hulle het gewonder hoekom hy so lank in die tempel bly.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Intussen het die skare wat buite gewag het dat Sagaria hulle moet kom seën, ongeduldig geraak. “Hoekom kom hy dan nie uit nie?” het hulle onder mekaar gevra.