Luke 1:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
So het die Here met my gedoen in die dae waarin Hy my aangesien het, om my smaad onder die mense weg te neem.
Afrikaans (NLV) 2011
“Hoe goed is die Here!” het sy uitgeroep. “Hy het die skande van my kinderloosheid van my af weggevat!”
Afrikaans 1933/1953
So het die Here met my gedoen in die dae toe Hy my aangesien het om my smaad onder die mense weg te neem.
Afrikaans 1983
“Die Here het dit vir my gedoen. Nou het Hy na my omgesien om my smaad onder die mense weg te neem.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Dit is wat die Here in hierdie dae vir my gedoen het: Hy het na my omgesien deur die minagting van die mense van my weg te neem. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
“Die Here het my gehelp, Hy het gesien ek is hartseer. Hy het geweet die mense spot my omdat ek nie kinders het nie. Nou het Hy dit verander, niemand sal my nou meer spot nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Die Here het ’n wonderwerk aan my gedoen,” het sy gesê. “Hy het gesorg dat mense nou nie meer agteraf met my sal spot omdat ek nie kinders kan hê nie.”