Luke 1:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die engel het by haar ingekom en gesê: Wees gegroet, jy wat baie goed is, die Here is met jou; geseënd is jy onder die vroue.
Afrikaans (NLV) 2011
Gabriël het aan haar verskyn en gesê: “Ek groet jou, geseënde vrou! Die Here is met jou!”
Afrikaans 1933/1953
En die engel het by haar binnegekom en gesê: Wees gegroet, begenadigde! Die Here is met jou; geseënd is jy onder die vroue.
Afrikaans 1983
Toe die engel by haar kom, sê hy: “Ek groet jou, begenadigde! Die Here is by jou.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die engel het na haar gegaan en gesê: “Gegroet, begenadigde vrou! Die Here is met jou!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die engel het na Maria toe gegaan en gesê: “Ek groet jou. God is goed vir jou. Ja, die Here is by jou.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe Gabriël by Maria aankom, het hy haar gegroet en gesê: “Goeiedag. Ek het baie goeie nuus vir jou. Die Here het groot genade aan jou bewys. Hy is by jou!”