Luke 1:39 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Maria het in daardie dae opgestaan en haastig na die gebergte gegaan, na 'n stad van Juda;
Afrikaans (NLV) 2011
’n Paar dae later het Maria haastig na die heuwelland van Judea vertrek, na die dorp waar Sagaria gewoon het.
Afrikaans 1933/1953
En in daardie dae het Maria opgestaan en haastig na die bergstreek gegaan, na 'n stad van Juda;
Afrikaans 1983
Maria het haar sonder versuim gereed gemaak en haastig na 'n dorp in die bergstreek van Judea gegaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
In daardie tyd het Maria gereedgemaak en haastig na die bergstreek vertrek, na 'n dorp in Juda.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Nie lank daarna nie het Maria haastig na 'n stad in Judea gegaan, na 'n plek op die berge.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Maria was so opgewonde oor die goeie nuus wat sy gehoor het dat sy dadelik besluit het om by Elisabet te gaan kuier. Hulle het in ’n dorp in die heuwels van Judea gebly.