Luke 1:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Sodat jy die sekerheid kan weet van daardie dinge waarin jy onderrig is.
Afrikaans (NLV) 2011
Dit is om u te verseker van die betroubaarheid van alles wat u geleer is.
Afrikaans 1933/1953
sodat u met volle sekerheid kan weet die dinge waaromtrent u onderrig is.
Afrikaans 1983
So kan u te wete kom dat die dinge waaroor u onderrig is, heeltemal betroubaar is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
sodat u vir seker kan weet dat die onderrig wat u oor hierdie gebeure ontvang het, betroubaar is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daarom kan jy seker wees dat die dinge wat jy geleer het, waar en reg is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
U sal deur die loop van my verhaal agterkom dat alles wat u in die kerk geleer het, die volle waarheid is.