Luke 1:41 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En dit het gebeur dat, toe Elisabet die groet van Maria hoor, het die baba in haar skoot opgespring; en Elisabeth was vervul met die Heilige Gees:
Afrikaans (NLV) 2011
Met die geluid van Maria se groet, het die kindjie in Elisabet se skoot beweeg en Elisabet is met die Heilige Gees vervul.
Afrikaans 1933/1953
En toe Elisabet die groet van Maria hoor, het die kindjie in haar skoot opgespring; en Elisabet is vervul met die Heilige Gees
Afrikaans 1983
Net toe Elisabet die groet van Maria hoor, het die kindjie in Elisabet se moederskoot beweeg, en sy is met die Heilige Gees vervul
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe Elisabet Maria se begroeting hoor, het die kindjie in haar moederskoot van vreugde gespring. Sy is met die Heilige Gees vervul
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe Elisabet hoor dat Maria haar groet, het die baba wat binne-in haar was, geskop. Die Heilige Gees het in Elisabet gekom
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Net toe Elisabet Maria se stem hoor, het die kindjie binne-in haar vol vreugde begin beweeg. Elisabet is toe met die Heilige Gees vervul.