Luke 1:42 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En sy het met 'n groot stem uitgespreek en gesê: Geseënd is jy onder die vroue, en geseënd is die vrug van jou skoot.
Afrikaans (NLV) 2011
Sy het met ’n harde stem teenoor Maria uitgeroep: “Jy is bo alle ander vroue deur God geseën, en jou kind is geseënd.
Afrikaans 1933/1953
en het met 'n groot stem uitgeroep en gesê: Geseënd is jy onder die vroue, en geseënd is die vrug van jou skoot!
Afrikaans 1983
en het hard uitgeroep: “Geseënd is jy onder die vroue en geseënd is die vrug van jou moederskoot!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
en het hardop uitgeroep: “Geseënd is jy onder die vroue! Geseënd is die vrug van jou moederskoot!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
en sy het opgewonde gesê: “Maria, die Here seën jou, meer as vir al die ander vroue. Hy seën ook die kind wat in jou is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Sy het hardop uitgeroep: “Maria, jy is so bevoorreg in God se oë. Tussen al die vroue op aarde het God juis vir jou uitgekies vir ’n baie spesiale taak. Jy gaan ’n baie belangrike Kind in die wêreld bring.