Luke 1:48 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want hy het die geringe eiendom van sy diensmaagd aanskou, want kyk, van nou af sal al die geslagte my geseënd noem.
Afrikaans (NLV) 2011
Want Hy het omgesien na sy nederige diensmeisie, en nou sal geslag na geslag my geseënd noem.
Afrikaans 1933/1953
omdat Hy die nederige toestand van sy diensmaagd aangesien het; want kyk, van nou af sal al die geslagte my salig noem.
Afrikaans 1983
omdat Hy na my in my geringheid omgesien het. Kyk, van nou af sal elke nuwe geslag my gelukkig noem,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
want Hy het die nederigheid van sy diensmeisie raakgesien. Kyk, van nou af sal alle geslagte my gelukkig noem,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hy het my gesien en gehelp, vir my, sy nederige dienaar. Van nou af sal al die mense sê ek is baie gelukkig,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek is glad nie belangrik nie, ek is maar een van God se diensmeisies; tog het Hy my raakgesien. Van nou af sal my naam op almal se lippe wees. Alle geslagte sal sê dat ek die gelukkigste vrou op die aarde is,