Luke 1:51 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hy het krag met sy arm getoon; hoogmoediges het Hy verstrooi in die verbeelding van hulle harte.
Afrikaans (NLV) 2011
Sy kragtige arm doen geweldige dinge! Hy verstrooi die trotse en hooghartige mense!
Afrikaans 1933/1953
Hy het deur sy arm kragtige dade gedoen. Hoogmoediges in die gedagtes van hulle hart het Hy verstrooi.
Afrikaans 1983
Kragtige dade het Hy met sy arm verrig: hoogmoediges in hulle eiewaan het Hy uitmekaargejaag;
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Kragtige dade verrig Hy met sy arm. Die denke van hoogmoediges verwar Hy,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hy het gewys Hy is sterk. Hy het die hoogmoedige mense weggejaag na al die kante toe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hy het maar net ’n beweging met sy hand gemaak, dan het groot dinge gebeur. Almal wat te veel van hulleself dink, het Hy oor die aarde verstrooi.