Luke 1:57 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Nou het Elisabeth se volle tyd gekom dat sy verlos sou word; en sy het 'n seun gebaar.
Afrikaans (NLV) 2011
Toe die tyd aangebreek het vir Elisabet se kind om gebore te word, het sy ’n seun in die wêreld gebring.
Afrikaans 1933/1953
En die tyd dat sy moeder moes word, is vir Elisabet vervul, en sy het 'n seun gebaar.
Afrikaans 1983
Toe die tyd gekom het dat Elisabet se kind gebore moes word, het sy 'n seun in die wêreld gebring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe die tyd aanbreek dat Elisabet geboorte moes gee, het sy 'n seun in die wêreld gebring.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe Elisabet se baba later gebore is, was dit 'n seuntjie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Kort daarna het Elisabet ’n seun gehad.