Luke 1:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hulle was altwee regverdig voor God en het onberispelik in al die gebooie en verordeninge van die Here gewandel.
Afrikaans (NLV) 2011
Sagaria en Elisabet het reg gelewe voor God: hulle het al die Here se bevele en voorskrifte nagekom.
Afrikaans 1933/1953
En hulle was altwee regverdig voor God en het in al die gebooie en regte van die Here onberispelik gewandel.
Afrikaans 1983
Hulle was albei getrou aan die wet van God en het onberispelik al die gebooie en voorskrifte van die Here onderhou.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle was albei •regverdig in die oë van God en het onberispelik volgens al die gebooie en voorskrifte van die Here geleef.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Sagaria en Elisabet het gelewe soos God wou hê, en hulle was gehoorsaam aan al die wette van die Here.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hulle was twee goeie mense wat God se voorskrifte gehoorsaam het. Hulle het nooit ’n voet verkeerd gesit nie.