Luke 1:63 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy het 'n skryftafel gevra en geskryf en gesê: Sy naam is Johannes. En hulle het almal verwonder.
Afrikaans (NLV) 2011
Daarop beduie hy dat ’n skryfbordjie gebring moet word, en tot almal se verbasing skryf hy: “Sy naam is Johannes!”
Afrikaans 1933/1953
Hy vra toe 'n skryfbordjie en skryf: Johannes is sy naam. En almal was verwonderd.
Afrikaans 1983
Hy vra toe 'n skryfbordjie en skryf daarop: “Johannes is sy naam.” En almal was verbaas.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy het 'n skryfbordjie gevra en geskryf: “Sy naam is Johannes.” En almal was verbaas.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Sagaria het gesê hulle moet vir hom 'n skryfbordjie gee en hy het daarop geskryf: “Sy naam is Johannes.” Almal was verbaas.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Sagaria het beduie dat iemand vir hom ’n stukkie papier en ’n skryfding moet bring. Daarop skryf hy toe: “Sy naam is Johannes.” Almal was uit die veld geslaan daaroor.