Luke 1:65 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En vrees het gekom oor almal wat rondom hulle gewoon het, en al hierdie woorde is opgehef in die hele gebergte van Judéa.
Afrikaans (NLV) 2011
Die hele buurt is met ontsag vervul en die nuus oor wat gebeur het, het oral deur die Judese heuwelland versprei.
Afrikaans 1933/1953
En daar het vrees gekom oor almal wat rondom hulle gewoon het, en daar is baie gepraat oor al hierdie dinge in die hele bergstreek van Jud,a.
Afrikaans 1983
Almal wat rondom hulle gewoon het, is met ontsag vervul, en in die hele bergstreek van Judea is daar baie gepraat oor al hierdie dinge.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Almal wat in die omgewing woon, is toe met ontsag vervul, en in die hele bergstreek van Judea het die mense oor al hierdie gebeure gepraat.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Al die mense wat daar naby gewoon het, was verbaas en bang. Al die mense het gepraat oor alles wat gebeur het, ook die mense wat in die berge in die provinsie Judea gewoon het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die hele omgewing is diep geraak deur alles wat met Sagaria en Elisabet gebeur het. Almal was bewus van God se grootheid.